
Die Britse gay kampvegter Peter Tatchell en sy Equal Love campaign het toe hul reuse kaart van gelukwense aan prins William en Kate Middleton besorg, waarin hulle gevra word om gay huwelike te ondersteun.
Die reuse kaart lees: “Congratulations William and Kate on your Wedding Day. We wish you a happy life together. You can get married, gay people can’t. We are banned by law. We ask you to support marriage equality. Equal=Love.”
Peter Tatchell het bygevoeg dat William en Kate `n keuse het om te trou, maar gay mense word nie daardie basiese reg gegun nie. Engeland is `n demokratiese stelsek en daarom behoort almal gelykwaardig behandel te word.
Die publiek was geweldig ondersteunend. Almal voor die hekke van Buckingham paleis het die oorhandiging van die kaart goedgekeur. Daar was geen negatiewe opmerkings vanuit die skare nie.
Tatchell plaas al sy hoop daarop dat William en Kate `n moderne jong paartjie is, wat gay vriende het en nie sal wil sien dat daar teen hulle gay vriende gediskrimeer moet word nie. Om enigiemand die reg te ontsĂȘ wat wil trou, is onregverdige diskriminasie.