Die Britse gay regte aktivis, Peter Tatchell, is besig met `n veldtog onder die titel "Equal Love" waarmee hy hoop om Prins William en sy aanstaande bruid, Kate Middleton se ondersteuning vir gay huwelike in die Verenigde Koninkryk te kry.
In `n persverklaring het Tatchell gesĂȘ dat William en Kate `n keuse gehad het of hulle wil trou, of nie. Selfde-geslag pare het egter geen keuse in die aangeleentheid nie en mag nie trou nie - al wil hulle. Gay pare word uitgesluit.
Tatchell gaan op Maandag 25 April `n demonstrasiegroep hou net buite Buckingham paleis en hoop om `n reuse gelukwensekaart aan William en Kate te oorhandig. Saam met die kaart, gaan hy dan ook vra dat William en Kate gay huwelike moet ondersteun.
Ons sal terugvoering gee oor die afloop van hierdie poging en wat daarmee berik is.
No comments:
Post a Comment